Waterperd (astrologie)

壬午

Die Waterperd (壬午, rénwǔ) is die 19de jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die negende Hemelstam (壬, rén; die element Water en Jang) met die sewende Aardtak (午, ), gesimboliseer deur die Perd (馬, ).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Waterperdjaar het in 2002 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 12 Februarie 2002 tot 31 Januarie 2003.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search